In 2001 het Suid Afrikaners bewus geraak van die hoeveelheid kinders wat slaap op die strate van Pretoria, nie net swart en bruin nie, maar talle wit kinders ook. Dit het ‘n hele herrie veroorsaak. 'n Menigte koerantberigte asook ‘n Carte Blanche insetsel: “The lost children” wat in 2002 uitgesaai is het tot gevolg dat die leë De Villiershof, 'n gebou waar 17 van die kinders gebly het oornag deur nog haweloses, imigrante en dwelmhandelaars oorgeneem is. Kinders van die wind is die resultaat van 10 jaar (2000-2010) se navorsing oor die straatkindverskynsel. Die boek bied ‘n intieme kykie na die lewe van ‘n swerfkind, die medeskrywers is deskundiges op hul gebied en unieke ervarings wat gedokumenteer is sluit in die omstandighede en ervarings van kinderhuiskinders, pleegkinders en ook aangenome kinders. Kinders van die wind is in 2014 gepubliseer maar nie vrygestel aan die publiek nie.
Skrywers bydraes: Charmaine Fourie - Die sorgbehoewende kind, Linda Lubbe - 'n Kinderhuis Ma, Maria - Om 'n aangenome kind te wees,
Waldor - Die Kinderbeskermingsisteem, 'n Mamma - Die Strafregstelsel
In 2002, in Suid Afrika was daar nog geen wetlike of statutêre raamwerk wat op die versorging van straatkinders gerig was nie. Daar was wel voorsiening gemaak vir die fundamentele regte van kinders in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) maar daar was geen of baie min belangstelling in straatkinders en 'n gebrek aan riglyne vir intervensieprogramme, en ook geen befondsing vir die tipe dienslewering. In 2005 is die woord 'straatkind' aangebring (kinderwet no 38) Die Kinderwet is op die Children’s Bill 70 van 2003 gebaseer, maar straatkinders trek nie voordeel nie, want die bepalings was nog nie toegepas nie, dit word eers in Junie 2006 aanvaar. In 2007 na voorgestelde wysigings op die Kinderwet (No. 41 van 2007) is daar toe eers algemeen aanvaar dat die straatkind bepaalde unieke regte het wat deur die gemeenskap beskerm behoort te word. Vandag plaas Die Kinderwet uitdruklik ‘n verpligting op die staat om ‘n omvattende reeks maatskaplike dienste te voorsien en te befonds. Nogtans kon die regering nog nie daarin slaag om ‘n veilige, beskermende en versorgende kinderregte-omgewing vir al die kinders in ons land te skep nie.
Swerfkind – die Straatkindbundel was gepubliseer 2016 deur VisionArt Publications en vrygestel met 100 gedigte van 100 skrywers. ‘n Opvolg bundel getiteld Van Lotjie getik was beplan ter bewusmaking van Geestesgesondheid, die titel is in 2020 verander na Koekoes. Die bundel word in 2020 vrygestel en is a samestelling van 50 Afrikaanse skrywers se bydraes. Die Afrikaanse bundel Koekoes is ‘n Zen-geillustreerde gedigte boek met sielsontblotende, kreatiewe gedigte, bewonderings-waardig eerlik geskryf deur digters, met briljante oorspronklikheid. Elke gedig is meelewend en verstaanbaar verwoord, bring insig oor die werklikheid van die psigiese stryd en poog om dieper te delf in die gemoed en emotionele toestande te ontbloot waarmee daar daagliks geworstel word.
By van die oorspronklike groep kinders waarvan daar vertel word in die boek Kinders van die wind, waarmee die hoofskrywer, Zuannè-Marié (Sue) kontak gehou het dié afgelope dekades is Bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer en/of Grenslyn persoonlikheids-steuring (Borderline persoonlikheids disorder) ander ly aan depressie, heelparty self-sny (self harm) en twee is as volwassesnes met sketsofrenie geklassifiseer en van die kinders het as volwasenes selfmoord gepleeg. Daarom is die bewusmakingsprojekte waarop Zuannè-Marié fokus vanaf 2010 nie net meer rondom voorkoming van HIV en bewusmaking van straatkinders gesentreer nie maar ook bewusmaking van geestesgesondheid en voorkomig van selfdood.